Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » die sterretjie in die hemelruim
die sterretjie in die hemelruim [boodskap #140486] Sa, 22 Oktober 2022 20:18
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
net soos een van die tien miljoen speldeprikgaatjies
in die donkerblou rollerblinding van my ouma se spaarkamer
sit jy vasgeplak aan die naguitspansel

in die middel van die dag
omring deur die kamerdonker
lê ek op die bed
en wens dat ek deur die speldeprik kon vlieg
om die wêreld aan die anderkant te kon ontdek

in die middel van die nag
omring deur die nagdonker
lê ek op die grasperk
en wens dat ek tot bo-op jou kon vlieg
om die wêrelde aan jou anderkant te kon sien

en die mense wat op jou woon te kon ontmoet
Vorige onderwerp: die skouerkabouter
Volgende onderwerp: die voëllughawe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 00:12:09 MGT 2024