Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » die voëllughawe
die voëllughawe [boodskap #140487] Sa, 22 Oktober 2022 20:19
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
nie ver van hier staan daar ‘n reuse boom
wat gedurende die dag slegs as skaduplek dien
maar soggens vroeg en laatmiddag word dit ‘n voëllughawe
wanneer derduisende voëls uit alle rigtings
in sy ryk blaredos verdwyn

die jongste nuus en die dag se gebeure
word in verskeie voëltale en -dialekte met mekaar gedeel
en soos die nuwe vlugte aankom
word kennise en familie gesoek om boodskappe oor te dra
terwyl nuwe vertrekvlugte saamgestel word

dan begin die eerste vlugte weer vertrek
met tussenposes van enkele minute
op die lang tog na iewers ver van hier
Vorige onderwerp: die sterretjie in die hemelruim
Volgende onderwerp: eiland van verdoemenis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 22:21:45 MGT 2024