Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » ek het vir jou baie lief
ek het vir jou baie lief [boodskap #140472] Do, 20 Oktober 2022 17:46
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
ek skrywe hierdie gediggie vir jou
om te sê hoe oneindig lief ek is vir jou

jy bring ‘n vonkel na my oog
as ek sien hoe die liefde uit jou hele wese ontvou

die totale oorgawe waarmee jy bak en brou
die teerheid waarmee jy ‘n stukkende voëltjie teen jou bors vashou
die sagtheid waarmee jy wasgoed oor die wasgoedlyn vou

jy bring ‘n wysie na my oor
as ek hoor hoe die liefde diep vanuit jou binneste opbou

die warmte waarmee jy klein gebeurtenisse onthou
die fermte waarmee jy die gesin omvou
die manier waarmee jy lagspiere ontklou

jy bring ‘n klop na my hart
as ek besef hoe gelukkig ek is om jou te mag hê as my vrou
Vorige onderwerp: die vlinderhuis
Volgende onderwerp: die skouerkabouter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 21:40:35 MGT 2024