Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » die vlinderhuis
die vlinderhuis [boodskap #140471] Do, 20 Oktober 2022 17:39
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
‘n huis vol vlinders
is byna soos ‘n huis vol kinders

jy moet so versigtig stap
dat jy nie per ongeluk een raak trap
want hulle bly bo en onder en langsaan jou
met elke tree wat die pad vorentoe ontvou

hulle is onbeskryflik mooi
in die natuur se kleureprag getooi
en beweeg so sag
soos maar slegs ‘n vlinder mag

maar anders as in ‘n huis vol kinders
gebeur alles sonder klank in die huis vol vlinders
Vorige onderwerp: die mediatribunaal
Volgende onderwerp: ek het vir jou baie lief
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 00:44:33 MGT 2024