Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » die mediatribunaal
die mediatribunaal [boodskap #140463] Wo, 19 Oktober 2022 09:31
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
die regering het my so pas weer gefaal
met die aankondiging van die beplande mediatribunaal
waarmee hulle die pen en klawerbord wil snoer
deur soos “groot broer” oor elke skrywer se skouer te loer

hulle het hiermee my laaste greintjie respek en geloof
vir ewig uitgedoof
al my vertroue is van die gesprektafel weggevee
bloot deur die feit dat een van hulle kon dink aan die idee

maar gelukkig is daar niks wat hulle van ons kan weerhou
wat erger kan wees as die skokke en mislukkings wat ons sal onthou
as hul “suksesse” as regering van die afgelope 16 jaar
en die manier hoe elkeen van hulle hul waardes openbaar

en dan is daar mos ook nog die kragtige mond
soms klein soms groot soms plat soms gerond
met lippe dun of dik dalk reguit of getuit
waarteen hulle die bekendmaking van korrupsie nie kan stuit
Vorige onderwerp: die onbenullige nul
Volgende onderwerp: die vlinderhuis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 20:47:26 MGT 2024