Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » die onbenullige nul
die onbenullige nul [boodskap #140440] Sa, 15 Oktober 2022 08:43 na volgende boodskap
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
vir die meeste van ons het “nul” geen waarde
maar dis eintlik ‘n woord wat so baie beteken
dit kan verhoudings verskeur en ook laat versoen
tog besef ons nie altyd wat ‘n “nul” kan doen
want van al die mense hier op aarde
is daar min wat sy werklike waarde kan bereken

mense sê gereeld iemand is die “nul” op die kontrak
maar as ek kon sê watter kontrak ek sou wou hê
sou dit daardie een wees met ses “nulle” in ‘n ry
want neem die “nulle” uit miljoen en kyk wat jy kry
ek sou nie my toekoms sonder “nulle” kon belê
so, dat ‘n “nul” geen waarde het, is pure twak
Re: die onbenullige nul [boodskap #140445 is 'n antwoord op boodskap #140440] Sa, 15 Oktober 2022 12:58 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Dit laat my dink aan die Afrikaanse fliek Nul is nie Niks nie.
Definitief die moeite werd om te sien!
Vorige onderwerp: die merk van die dier
Volgende onderwerp: die mediatribunaal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 20:15:30 MGT 2024