Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » die merk van die dier
die merk van die dier [boodskap #140441] Sa, 15 Oktober 2022 08:45
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
vir die meeste van ons is elektrisiteit soos die son
dit is maar altyd daar sonder dat jy daaraan hoef te dink
totdat dit afgeskakel word
en jy ‘n ietsie warms soek om te drink

dis dan wanneer jy in die motor spring om gas te gaan koop
en met skok besef hoe baie mense word eintlik hierdeur geraak
want die gaswinkel is immers ook sonder krag
en op die paaie heers ‘n chaos omdat die verkeersligte staak

gefrustreerd en dors daag jy op by die werk
en begin naarstiglik na dokumente op jou lessenaar soek
dan onthou jy jy het vergeet om dit gister te druk
en die komper is af en jy smag na die era van die boek

mismoedig besluit jy om te skakel en uitstel te vra
maar die telefoon is buite werking en jou lugtyd is op
dan pak jy maar weer die lang pad huis toe aan
om die dag af te sluit met ‘n yskoue maal en ‘n brandewyndop

uitgeput en vuil gaan kruip jy maar in
want die televisie en radio en warmwatersilinder slaap alreeds
en jou gedagtes gaan na die merk van die dier
is elektrisiteit dalk ons 666 - jy weet nie, maar jy wonder steeds
Vorige onderwerp: die allesverterende vlam
Volgende onderwerp: die onbenullige nul
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 18:57:54 MGT 2024