Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » die allesverterende vlam
die allesverterende vlam [boodskap #140436] Vr, 14 Oktober 2022 17:05
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
‘n vuurhoutjie word getrek om ‘n vlammetjie te kry
sodat ‘n paar stukkies rommel vernietig kan word

binne sekondes verander die vlammetjie in ‘n vuuroseaan
wat sy reuse vuurgolwe oor vlaktes en berge spoel
om plant en dier, insek en reptiel, voël en mens
dood te brand of te verdryf hiervandaan

onskuldig lê die uitgebrande vuurhoutjie daar
onbewus van die skade deur sy vlam
in ‘n wêreld sonder klank of beweging
as bewys van die vuurhoutjietrekker se bestaan
Vorige onderwerp: blou en groen
Volgende onderwerp: die merk van die dier
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 06:34:30 MGT 2024