Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » raar
raar [boodskap #138200] Di, 12 Oktober 2021 08:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
raar
Afbreking: raar


Byvoeglike naamwoord: raar
Vergrotende trap: raarder
Oortreffende trap: raarste
Attributief: raar, rare
Partitief: raars

Betekenis:
• Wat vreemd en ongewoon is; van die gewone afwyk en verbasing wek.
• (anglisisme) Wat min voorkom.

Gebruik:
• Hoe raar dit ook al mag klink, Jesus se aankoms op 'n donkie was tekenend van koninklike waardigheid.
• Die plant is uiters raar (gebruik eerder seldsaam).

Sinoniem:
• besonder
• eienaardig
• eksentriek
• eksoties
• koddig
• ongewoon
• seldsaam
• skaars
• snaaks
• sonderling
• spesiaal
• vreemd
• uitheems

Antoniem:
• gewoon

Afgelei:
• raarheid

Vertaling:
Engels: strange, odd, weird, unusual; rare
Nederlands: raar

Nota:
• Raar is 'n palindroom.
• Van Latyn, rarus, "vreemd".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bemiddeling
Volgende onderwerp: versot
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 01:08:28 MGT 2024