Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » arend
arend [boodskap #133188] Wo, 26 Augustus 2020 18:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18860
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Arend.
'n Arend.
arend
Afbreking: a•rend


Selfstandige naamwoord: arend
Meervoud: arende
Verkleinwoord: arendjie
Meervoud van verkleining: arendjies

Betekenis:
• 'n Groot roofvoël van die orde Falconiformes en familie Accipitridae wat hoog in die berge woon.
• (sterrekunde) Sterrebeeld 'n paar grade noord van die hemelewenaar (Latyn: Aquila).
• (gholf) 'n Telling van twee onder baansyfer.

Gebruik:
• Die arende word hoofsaaklik deur sy grootte, kragtiger bou en swaarder kop en snawel van ander roofvoëls onderskei.
• Die Arend is een van die 88 moderne sterrebeelde en kan die beste in die somer gesien word.
• Die gholfspeler het 'n arend op 17de putjie (syfer 5) asook 'n voëltjie op die laaste putjie aangeteken.

Spreekwoord:
• 'n Arend vang nie vlieë nie. ['n Hoogstaande persoon steur hom nie aan kleinlike kritiek nie.]
• Die een arend brom nie teenoor 'n ander nie. [Twee persone wat ewe sterk is, het vir mekaar ontsag.]

Sinoniem:
• adelaar

Afgelei:
• bergarend
• uilarend
• visarend

Vertaling:
Engels: eagle
Nederlands: arend

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: disleksie
Volgende onderwerp: laning
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 22:21:01 MGT 2024