Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » laning
laning [boodskap #133189] Do, 27 Augustus 2020 06:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18860
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Laning.
'n Laning.
laning
Afbreking: la•ning
Uitspraak: /ˈlɑː.nəŋ/


Selfstandige naamwoord: laning
Meervoud: lanings
Verkleinwoord: laninkie
Meervoud van verkleining: laninkies

Betekenis:
• 'n Lang ry bome of struike, twee rye as dit aan weerskante van 'n pad is.

Gebruik:
• Die laning skewe bome langs die Ou Kaapse Weg is te danke aan die Suid-Wester wat die bome oor die eeue heen so skeef gewaai het.

Afgelei:
• eikelaning

Verwant:
• laan

Vertaling:
Engels: hedge, row of plants as a fence
Nederlands: haag

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: arend
Volgende onderwerp: voedingstof
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 21:17:26 MGT 2024