Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » triljoen
triljoen [boodskap #133117] Sa, 22 Augustus 2020 16:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18860
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
triljoen
Afbreking: tril•joen


Telwoord: triljoen

Betekenis:
• 'n Duisend biljard; die getal 1 000 000 000 000 000 000; 10 tot die mag 18.

Gebruik:
• Omkopery regoor die wêreld word op sowat $1 triljoen geraam.

Verwant:
• triljoenste

Vertaling:
Engels: quintillion
Nederlands: triljoen


Selfstandige naamwoord: triljoen
Meervoud: triljoene

Betekenis:
• Die getal 1018.

Gebruik:
• Die menslike liggaam bied 'n tuiste aan triljoene mikro-organismes wat op die vel, in die verteringskanaal, in die mond, neus en ander liggaamsopeninge gevind word.

Vertaling:
Engels: quintillion
Nederlands: triljoen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: biljard
Volgende onderwerp: triljard
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 22:00:01 MGT 2024