beroepsetiek [boodskap #132538] |
Di, 04 Augustus 2020 12:49 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20576 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
beroepsetiek
Afbreking: be•roeps•e•tiek
Samestelling: beroep + -s- + etiek
Selfstandige naamwoord: beroepsetiek
Meervoud: –
Betekenis:
• Eerbare menslike waardes wat op 'n beroep van toepassing is. Die norme waaraan die beroepsbeoefenaar hom by die uitoefening van sy beroep moet onderwerp.
Gebruik:
• 'n Hoë standaard van beroepsetiek moet in die Staatsdiens bevorder en ten alle tye gehandhaaf word.
Sinoniem:
• beroepskode
Verwant:
• arbeidsetos
• werksetiek
Vertaling:
Engels: deontology
Nederlands: beroepsethiek
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|