Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » eiewys
eiewys [boodskap #132539] Di, 04 Augustus 2020 13:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19138
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
eiewys
Afbreking: ei•e•wys
Samestelling: eie + wys


Byvoeglike naamwoord: eiewys
Attributief: eiewyse

Betekenis:
• Van beter weet.

Gebruik:
• Mense wat eiewys is sukkel om hulleself in ander mense se skoene te plaas, omdat hulle in hulle eie oë altyd reg is en die beste weet.

Spreekwoord:
• 'n Eiewys hen lê die eier opsy. [Iemand wat nie na raad luister nie, begaan foute.]

Sinnoniem:
• beterweterig
• balsturig
• halstarrig
• hardkoppig
• hardnekkig
• eiesinnig
• koppig
• strydhoofdig
• weerbarstig

Afgelei:
• eiewysheid

Vertaling:
Engels: stubborn, headstrong, selfconceited, cocky
Nederlands: eigenwijs

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: beroepsetiek
Volgende onderwerp: fris
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 30 17:56:34 MGT 2024