Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » danig
danig [boodskap #130658] Sa, 04 April 2020 18:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18860
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
danig
Afbreking: da•nig
Uitspraak: /ˈdɑː.nəχ/


Byvoeglike naamwoord: danig
Vergrotende trap: daniger
Oortreffende trap: danigste
Attributief: danige
Partitief: danigs

Betekenis:
• In aanmerklike mate; buitengewoon.
• Oorvriendelik wees; baie van iemand hou.

Gebruik:
• Alhoewel hulle daarop aanspraak maak dat hulle danig slim is, het hulle in werklikheid heeltemal in dwaasheid verval.
• Hulle is deesdae vreeslik danig met mekaar.

Sinoniem:
• erg
• flink
• vriendelik
• waffers

Vertaling:
Engels: considerable, serious, thorough, strong
Nederlands: danig


Bywoord: danig

Betekenis:
• In aansienlike mate.

Gebruik:
• Hy was danig geskok oor die slegte verkoopsyfers.

Vertaling:
Engels: considerable, serious, thorough, strong
Nederlands: danig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dal
Volgende onderwerp: dassie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 21:37:56 MGT 2024