Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dassie
dassie [boodskap #130659] Sa, 04 April 2020 18:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18974
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Dassie.
'n Dassie.
dassie
Afbreking: das•sie
Uitspraak: /ˈda.si/


Selfstandige naamwoord: dassie
Meervoud: dassies
Verkleinwoord: dassietjie
Meervoud van verkleining: dassietjies

Betekenis:
• (soogdier) 'n Klein stewige diere uit die orde Hyracoidea.
• 'n Klein das.

Gebruik:
Dassies het kort pote, 'n dik pels en is rond, met 'n kort stompiestert.
• Waar kry jy daai pikante dassie?

Spreekwoord:
• As dassie stert kry. [Nooit]
• Elke dassie prys sy eie kwassie. [Elkeen is trots op sy eie.]
• 'n Dassie aan sy stert optel. [Die onmoontlike probeer doen.]

Sinoniem:
• klipdas

Afgelei:
• dassieadder
• dassiepis
• dassierot
• dassiesweet

Vertaling:
Engels: rock hyrax, dassie; small tie
Nederlands: klipdas; dasje

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: danig
Volgende onderwerp: dassiepis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 07:18:21 MGT 2024