Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lood
lood [boodskap #126726] Sa, 22 Junie 2019 20:28
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Lood
Lood
lood
Afbreking: lood
Uitspraak: /luə̯t/




Selfstandige naamwoord: lood
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Swaar, grysblou metaal en 'n chemiese element in die periodieke tabel met die simbool Pb en atoomgetal van 82.

Gebruik:
Lood is vir mens en dier giftig (veral in opgeloste vorm).

Spreekwoord:
• Hy stap met lood in sy skoene. [Traag; teësinnig; onentoesiasties.]
• Dit is ou lood om ou yster. [Daar is geen verskil tussen die twee nie.]

Afgelei:
• loodatoom
• looderts
• loodmyn
• loodoksied
• loodverbindings
• loodvergiftiging

Homofoon:
• loot (jong tak van 'n plant)

Vertaling:
Engels: lead, weight
Nederlands: lood


Werkwoord: lood
Verlede tyd: het gelood

Betekenis:
• In lood vaslê.
• Peil met 'n dieplood.
• Met die skietlood meet.

Gebruik:
• Die matroos lood die diepte van die water.

Homofoon:
• loot (deur die lot aanwys)

Vertaling:
Engels: to lead, plumb
Nederlands: loden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: piesang
Volgende onderwerp: muur
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 08:04:56 MGT 2024