Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lees
lees [boodskap #126650] Sa, 15 Junie 2019 18:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Meisie wat 'n boek lees.
Meisie wat 'n boek lees.
lees
Afbreking: lees
Uitspraak: /lɪəs/




Werkwoord: lees
Verlede tyd: het gelees
Teenwoordige deelwoord: lesende
Verlede deelwoord: geleesde

Betekenis:
• Om na geskrewe of gedrukte woorde en syfers kyk en dit te verstaan.
• Om die geskrewe of gedrukte woorde van 'n taal hardop uit te spreek.

Gebruik:
• Los my nou dat ek die koerant is stilte kan lees.
• Die onderwyser verwag dat die kinders hardop in die klas moet lees.

Spreekwoord:
• Tussen die reëls lees. [Gevolgtrekkings maak uit wat daar staan.]
• Die hond moet net kan lees en skryf. [Die hond is besonder slim.]
• Ander mense se boeke is duister om te lees. [Dit is moeilik om ander se sake te verstaan.]

Afgelei:
• leesbaar
• leesbegrip
• leesbril
• leesglas
• leesles
• leesstuk
• leesteken
• leesstof
• stillees

Verwant:
• leser
• e-leser

Vertaling:
Engels: to read
Nederlands: lezen


Selfstandige naamwoord: lees
Meervoud: lese

Betekenis:
• (gereedskap) 'n Vorm, gewoonlik van metaal, waarop skoene vervaardig of herstel kan word.

Gebruik:
• Die skoenmaker trek 'n vars gebreide stuk leer oor sy lees.

Spreekwoord:
• Iets op dieselfde lees skoei. [Iets op dieselfde ou manier doen.]
• Skoenmaker, hou jou by jou lees. [Bemoei jou met dinge waarvan jy iets weet.]

Vertaling:
Engels: last
Nederlands: leest

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: afleiding
Volgende onderwerp: insek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 17:03:27 MGT 2024