Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » insek
insek [boodskap #126651] Sa, 15 Junie 2019 19:06
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18831
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Verskeie insekte.
Verskeie insekte.
insek
Afbreking: in•sek




Selfstandige naamwoord: insek
Meervoud: insekte
Verkleinwoord: insekkie
Meervoud van verkleining: insekkies

Betekenis:
• 'n Geleedpotige diertjie met drie paar pote, met geen, een of twee paar vlerke.

Gebruik:
• 'n Insek haal deur middel van luggaatjies en lugpypies in die liggaam asem.
• 'n Spinnekop is nie 'n insek nie.

Sinoniem:
• gogga

Hiperoniem:
• geleedpotige

Hiponiem:
• kriek
• sprinkaan
• vlinder
• vlieg
• by

Afgelei:
• insekdoder
• insekkundige
• insekplaag
• insektebyt
• insekweerder

Vertaling:
Engels: insect
Nederlands: insect

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: lees
Volgende onderwerp: arbeid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 23 21:12:04 MGT 2024