Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » afleiding
afleiding [boodskap #126649] Sa, 15 Junie 2019 18:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18785
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
afleiding
Afbreking: af•lei•ding
Uitspraak: /ˈɑfləɪ̯dəŋ/



Selfstandige naamwoord: afleiding
Meervoud: afleidings, afleidinge
Verkleinwoord: afleidinkie
Meervoud van verkleining: afleidinkies

Betekenis:
• 'n Gebeurtenis of aktiwiteit wat die gedagte op iets anders rig; ontspanning.
• Handeling van aflei; 'n gevolgtrekking maak.
• (taalkunde) 'n Woord wat met die toevoeging van 'n voor-, in- of agtervoegsel van 'n ander woord gevorm word.

Gebruik:
• Die uitstappie bied 'n welkome afleiding van die andersinds saai werksweek.
• Die enigste afleiding wat die hof kon maak is dat die man wel vermoor is.
• 'n Voorbeeld van 'n afleiding is die byvoeglike naamwoord "rooiagtig", waar die affiks "-agtig" by die grondwoord "rooi" gevoeg is.

Verwant:
• lei
• aflei
• afgelei

Afkorting:
• afl.

Vertaling:
Engels: diversion, distraction, derivation, distraction
Nederlands: afleiding

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: fiets
Volgende onderwerp: lees
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 12:09:36 MGT 2024