Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skaap
skaap [boodskap #126629] Sa, 15 Junie 2019 07:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Skape
Skape
skaap
Afbreking: skaap
Uitspraak: /skɑːp/




Selfstandige naamwoord: skaap
Meervoud: skape
Verkleinwoord: skapie
Meervoud van verkleining: skapies

Betekenis:
• Plaasdier wat vir sy wol en vleis aangehou word. Ewehoewige, herkouende hoefdier, woldraend of behaard, Ovis aries.
• 'n Persoon wat ander navolg of nie baie slim is nie.

Gebruik:
• In die somer kry 'n skaap met volle vag baie warm, en dit is vir die dier 'n groot verligting as dit in die lente afgeskeer word.
• Jy is 'n regte skaap.

Spreekwoord:
• As een skaap deur die hek is, volg al die ander. [As een die voorbeeld gee of voorgaan, volg almal.]
• Een brandsiek skaap, kan die hele trop aansteek. [Een slegte mens kan baie mense verkeerd beïnvloed.]
• 'n Jakkals vang nie 'n skaap in die dag nie. ['n Skelm steel nie so dat hy maklik betrap word nie.]

Hiponiem:
• basterskaap
• merinoskaap
• mofskaap
• wolskaap

Afgelei:
• skaapboud
• skaapherder
• skaapkop
• skaapkotelet
• skaapkraal
• skaaplewer
• skaapras
• skaapskeerder
• skaaptjop
• skaapvet
• skaapvleis
• skaapwagter
• swartskaap

Vertaling:
Engels: sheep
Nederlands: schaap
Swazi: imvu, sihhuku
Venda: nngu
Xhosa: igusha
Zoeloe: imvu, isiklabhu, igusha

Nota:
• 'n Manlike skaap is 'n ram, 'n gesnyde 'n hamel, 'n vroulike 'n ooi, en die onvolwasse skaap is 'n lam.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: omgewingsbesoedeling
Volgende onderwerp: blindederm
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 01:18:31 MGT 2024