Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » oud
oud [boodskap #126234] Di, 28 Mei 2019 06:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oud
Afbreking: oud
Uitspraak: /əʊ̯t/




Byvoeglike naamwoord: oud
Vergrotende trap: ouer
Oortreffende trap: oudste
Attributief: ou, oue
Partitief: ouds
Intensief: stokoud, beenoud, oeroud, horingoud, stokhoringoud

Betekenis:
• Nie meer jonk nie; van 'n gevorderde leeftyd; bejaard.
• Nie meer nuut nie; gebruik.
• Vroeër bestaande; wat reeds lank bestaan.
• Van 'n bepaalde leeftyd.

Gebruik:
• Die man is baie oud.
• Die bank raak nou oud.
• Die liegery van hom is 'n ou gewoonte.
• Die baba die drie weke oud.

Spreekwoord:
• Hy is oud voor sy tyd. [Soos 'n oumens wees, al is jy nog jonk.]
• Jonk van jare, maar oud van dae. [Nog jonk, maar het baie ervaring.]
• Wat jonk is, speel graag; wat oud is, neul graag. [Kinders hou daarvan om te speel en ou mens om te kla.]
• As die duiwel oud word, gaan hy onder die preekstoel sit. [As 'n roekelose persoon oud word, raak hy vroom.]
• Ek is so oud soos my hande, maar nie so oud soos my tande. [Grappenderwys gesê as iemand wil weet hoe oud 'n persoon is.]

Vergelyking:
• So oud soos die berge.
• So oud soos die Kaapse wapad.
• So oud soos Metusalem.

Antoniem:
• jonk
• nuut

Vertaling:
Engels: aged, old, ancient
Nederlands: oud
Xhosa: -dala, -akudala, -amandulo
Zoeloe: -gugile, -dala, -aphakade, -asendulo

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vertoon
Volgende onderwerp: buitelandse
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 21:19:21 MGT 2024