Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vertoon
vertoon [boodskap #126233] Di, 28 Mei 2019 06:35
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18924
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vertoon
Afbreking: ver•toon




Werkwoord: vertoon
Verlede tyd: het vertoon

Betekenis:
• Iets wys; toon of uitstal sodat mense daarna kan kyk.
• Hoe iets lyk.

Gebruik:
• Jy moet jou kaartjie vertoon voor jy op die bus klim. Altesaam 47 rolprente is vertoon.
• Die rangskikking vertoon mooi in die voorportaal.

Spreekwoord:
• Uiterlik skoon is slegs vertoon. [Ware skoonheid setel in die innerlike.]

Vertaling:
Engels: to show, display, look
Nederlands: vertonen


Selfstandige naamwoord: vertoon
Meervoud:

Betekenis:
• Iets doen om gesien te word; om te spog.

Gebruik:
• Die oorwinning is met militêre vertoon gevier.

Spreekwoord:
• Uiterlik skoon is slegs vertoon. [Ware skoonheid setel in die innerlike.]

Afgelei:
• vertoning
• vertoonkas
• vertoonlokaal
• vertoonvenster
• vertoonwedstryd

Vertaling:
Nederlands: vertoon
Engels: show

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: genus
Volgende onderwerp: oud
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 18:44:45 MGT 2024