Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » blou
blou [boodskap #126079] Wo, 22 Mei 2019 12:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18916
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Skakerings van blou.
Skakerings van blou.
blou
Afbreking: blou
Uitspraak: /ˈblœu̯/




Byvoeglike naamwoord: blou
Vergrotende trap: blouer
Oortreffende trap: blouste
Attributief: blou
Partitief: blous
Intensief: potblou, hemelsblou

Betekenis:
• Een van die drie primêre toevoegende kleure met 'n golflengte van nagenoeg 470 nm.

Gebruik:
• Ons het 'n blou motor.

Spreekwoord:
• As die hemel val, dra ons almal blou musse. [Gesê van iets wat onwaarskynlik is.]
• Dis 'n blou Maandag. ['n Dag waarop alles verkeerd loop.]
• Een maal in 'n blou maand. [Selde.]
• Elke blou Maandag. [Af en toe.]
• Hy gee my die blou pas. [Iemand in die pad steek./ Iemand afsê.]
• Hy het blou bloed. [Hy is van hoë afkoms.]
• Hy is bont en blou geslaan. [Goed afransel sodat sy lyf vol kneusplekke is.]
• Hy kry die blou baadjie. [Tot gewoontemisdadiger verklaar word.]
• Hy kyk deur 'n blou bril. [Hy is terneergedruk.]
• Hy praat tot hy blou word. [Hy pleit tevergeefs.]
• 'n Saak blou-blou laat. ['n saak (wat eintlik moet aangeroer word) nie bespreek of afhandel nie.]

Vergelyking:
• So blou soos die hemel.

Afgelei:
• bleekblou
• donkerblou
• hemelblou
• koningsblou
• ligblou
• staalblou
• vlootblou

Vertaling:
Engels: blue
Nederlands: blauw


Selfstandige naamwoord: blou
Meervoud: bloues

Betekenis:
• Een van die drie primêre kleure.

Gebruik:
• Uit die blou van onse hemel, uit die diepte van ons see, oor die ewige gebergtes waar die kranse antwoord gee.

Vertaling:
Engels: blue
Nederlands: blauw

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kennis
Volgende onderwerp: praat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 09:41:30 MGT 2024