Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » praat
praat [boodskap #126080] Wo, 22 Mei 2019 13:06
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18916
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Almal praat, maar niemand luister nie.
Almal praat, maar niemand luister nie.
praat
Afbreking: praat
Uitspraak: /prɑːt/




Werkwoord: praat
Verlede tyd: het gepraat
Teenwoordige deelwoord: pratend, pratende

Betekenis:
• Om iets sê of met iemand te gesels; met die stem uiter; gedagtes hardop uitspreek.

Gebruik:
• Mense praat baie, maar luister selde.

Spreekwoord:
• Deur jou nek praat. [Onsin praat.]
• Die mond van die dronk man praat die waarheid. [Iemand wat dronk is, kan nie 'n geheim hou nie.]
• Hy praat een stryk deur. [Sonder ophou.]
• Hy praat in raaisels. [Onverstaanbare, geheimsinnige dinge sê.]
• Hy praat my 'n gat in die kop. [Hy praat my om.]
• Hy praat of hy pap in sy mond het. [Onduidelik praat.]
• Hy praat pure twak. [Dis die grootste onsin.]
• Hy praat tot hy blou word. [Hy pleit tevergeefs.]
• Hy praat uit die vuis. [Onvoorbereid praat.]
• Hy praat van ewigheid tot amen. [Vervelend lank.]
• Hy praat vir stoele en banke. [Hy het 'n klein gehoor.]
• Jy kan nou van geluk praat. [Jy was gelukkig dat sake so goed verloop het.]
• Los en vas praat. [Onverantwoordelike dinge sê.]
• Oor dit en dat praat. [Oor verskillende sake praat.]
• So moet 'n bek praat. [Jy praat so reg na my hart.]
• Suutjies praat is duiwelsraad. [Dis onbeskof om in geselskap te fluister.]
• Sy praat agter my rug. [Van iemand skinder.]
• Van aangesig tot aangesig met iemand praat. [’n Persoonlike gesprek met iemand voer.]
• As Petrus by is, praat 'n mens nie van die haan nie. [Dit is taktloos as jy oor iemand se onaangenaamhede uit die verlede praat.]

Sinoniem:
• babbel
• bewoord
• gesels
• kekkel
• klets
• prewel
• spreek
• uiter
• vokaliseer

Antoniem:
• luister
• stilbly
• swyg

Afgelei:
• afpraat
• bangpraat
• bontpraat
• doodpraat
• goedpraat
• grootpraat
• klaarpraat
• kwaadpraat
• mooipraat
• ompraat
• napraat
• saampraat
• teenpraat
• terugpraat
• uitpraat
• verbypraat
• vaspraat

Vertaling:
Engels: to talk, chat
Nederlands: praaten


Selfstandige naamwoord: praat
Meervoud:
Verkleinwoord: praatjie
Meervoud van verkleining: praatjies

Betekenis:
• Die handeling van praat.

Gebruik:
• Sy het met 'n vreemdeling aan die praat geraak.

Vertaling:
Engels: talk, speak, converse
Nederlands: praat

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: blou
Volgende onderwerp: punt
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 12:01:31 MGT 2024