Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » punt
punt [boodskap #126082] Wo, 22 Mei 2019 14:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
punt
Afbreking: punt




Selfstandige naamwoord: punt
Meervoud: punte
Verkleinwoord: puntjie
Meervoud van verkleining: puntjies

Betekenis:
• Die skerp ent van 'n voorwerp (soos 'n naald, pen, potlood, toring, ens.)
• Die rand van 'n voorwerp.
• 'n Spesifieke oomblik in tyd.
• 'n Spesifieke plek.

Gebruik:
• Pasop dat die skroewedraaier se punt nie gly nie.
• Sy sit op die punt van haar stoel.
• Hy was op die punt om in die bed te klim toe die deurklokkie lui.
• Wat is hierdie punt se koördinate?

Spreekwoord:
• Hy staan op die punt. [Gereed wees.]
• Sy hart trek met 'n punt. [Hy verlang baie.]
• Dit het 'n dooie punt bereik. [Nie in staat om voort te gaan nie.]

Vertaling:
Engels: tip, edge, point
Nederlands: punt


Selfstandige naamwoord: punt
Meervoud: punte
Verkleinwoord: puntjie
Meervoud van verkleining: puntjies

Betekenis:
• (taalkunde) 'n Leesteken (in die vorm van 'n kolletjie) wat 'n sin afsluit.

Gebruik:
• Algemene leestekens sluit in: die punt, komma, koppelteken, deelteken, dubbelpunt, ens.

Vertaling:
Engels: full stop
Nederlands: punt


Selfstandige naamwoord: punt
Meervoud: punte
Verkleinwoord: puntjie
Meervoud van verkleining: puntjies

Betekenis:
• 'n Getal wat 'n telling of waarde aandui (vir 'n toets, wedstryd, ens.)

Gebruik:
• Sy het 'n goeie punt vir Afrikaans gekry.

Vertaling:
Engels: mark, score, point
Nederlands: score

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: praat
Volgende onderwerp: orde
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 21:23:58 MGT 2024