Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kennis
kennis [boodskap #126078] Wo, 22 Mei 2019 07:02
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kennis
Afbreking: ken•nis




Selfstandige naamwoord: kennis
Meervoud:

Betekenis:
• Dit wat 'n persoon weet of geleer het; inligting tot iemand se beskikking.

Gebruik:
• Sy het baie kennis van plante.

Verwant:
• inligting

Afgelei:
• boekkennis
• kennisabsorbsie
• kennisbron
• kennisdors
• kennisdrang
• kennisgewing
• kennisleer
• kennismaking
• kennisname
• kennisontploffing
• kennisoordrag
• kennistekorte
• kennisteorie
• kennisterrein
• kennisuitbreiding
• kennisveld
• kennisvermeerdering
• kennisverspreiding
• kennisverwerwing
• kenniswaarde
• kenniswêreld
• selfkennis

Vertaling:
Engels: knowledge, skill, information
Nederlands: kennis


Selfstandige naamwoord: kennis
Meervoud: kennisse
Verkleinwoord: kennissie
Meervoud van verkleining: kennissies

Betekenis:
• Iemand waarmee jy bekend is; persoon wat jy ken.

Gebruik:
• Hy is 'n ou kennis van my.
• Het julle al kennis gemaak.

Spreekwoord:
• Hard met die aarde kennis maak. [Hard op die grond val.]

Verwant:
• aangename kennis

Vertaling:
Engels: acquaintance
Nederlands: kennis

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: basis
Volgende onderwerp: blou
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 23:44:18 MGT 2024