Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » geld
geld [boodskap #126019] So, 19 Mei 2019 19:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Banknote
Banknote
geld
Afbreking: geld




Selfstandige naamwoord: geld
Meervoud: gelde
Verkleinwoord: geldjie
Meervoud van verkleining: geldjies

Betekenis:
• Betaalmiddel; ruilmiddel waarmee goedere en dienste gekoop kan word.

Gebruik:
• Ons het gaan uiteet, maar toe ons moes betaal val dit my by dat ek nie geld by my het nie.

Spreekwoord:
• Agter geld soos die duiwel agter 'n siel aan. [Baie geldgierig.]
• Daar kleef bloed aan die geld. [Dis geld wat vir verraad ontvang is.]
• Die geld brand in sy sak. [Hy is spandabelrig.]
Geld groei nie op sy rug nie. [Hy moet hard werk vir sy geld.]
Geld in die water gooi. [Geld verkwis.]
Geld uit iemand se sak ja. [Iemand laat geld uitgee.]
Geld wat geel is, maak reg wat skeel is. [Met geld kan 'n mens baie dinge regmaak.]
Geld wat stom is, maak reg wat krom is. [Geld maak baie knoeiery moontlik.]
• Goeie geld na slegte geld gooi. [Meer belê in 'n onderneming wat geen wins maak nie.]
• Hy het geld soos bossies. [Baie geld.]
• Hy speel met geld soos 'n bobbejaan met waboomblare. [Geld verkwis.]
• Vir geen geld of goeie woorde afstaan nie. [Vir niks ter wêreld sal ruil nie.]
• Vir geld kan 'n mens die duiwel laat dans. [Met geld kan 'n mens enigiets doen.]
• Waar geld is, wil geld wees. [Kapitaal stel 'n mens in staat om meer geld te verkry.]

Hiponiem:
• dokgeld
• huurgeld
• papiergeld
• sakgeld
• skoolgeld
• spaargeld

Afgelei:
• geldeenheid
• geldelik
• geldgierig
• geldinsameling
• geldskieter
• geldskok
• geldsom
• geldverduistering
• geldwaarde
• geldwassery
• geldwolf

Vertaling:
Engels: money
Nederlands: geld


Werkwoord: geld
Verlede tyd: het gegeld

Betekenis:
• Van krag of toepassing wees; mag uitoefen; die krag laat voel.

Gebruik:
• Dit geld natuurlik vir jou ook.

Vertaling:
Engels: to be in effect
Nederlands: gelden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: daarin
Volgende onderwerp: raak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 08:58:26 MGT 2024