Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » raak
raak [boodskap #126020] So, 19 Mei 2019 19:24
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
raak
Afbreking: raak




Werkwoord: raak
Verlede tyd: het geraak

Betekenis:
• 'n Hand of 'n ander deel van die liggaam teenaan bring; kontak maak; aanraak (vat, stoot, klap, ens.)
• (figuurlik) Beïnvloed; emosies opwek; 'n verandering in toestand teweegbring.
• 'n Proses of verandering ondergaan.

Gebruik:
• Moet nie aan my raak nie.
• Die prysverhoging raak ons almal. Sy is diep geraak.
• Toe raak sy sommer kwaad. Hy het in 'n aantal skandale betrokke geraak.

Spreekwoord:
• Hy raak van koers af. [Deurmekaar raak.]
• In die water raak. [In moeilikheid kom.]
• Sy raak die kluts kwyt. [Verward; deurmekaar.]
• Hy raak in diep water. [In die moeilikheid kom.]
• Dit raak kant nóg wal. [Heeltemal verkeerd wees.]
• Sy raak oorhoeks met my. [Met iemand rusie maak.]
• Met iemand oorhoops raak. [Moeilikheid met iemand hê.]
• Sy raak die spoor byster. [Hy verdwaal (ook geestelik).]
• Hy vlieg om die kers totdat hy daaraan raak. [Aanhou om iets gevaarliks te doen.]
• Vaak raak vir bang baas. [Gesê as 'n kind so vaak raak dat hy ten spyte van sy bangheid gaan slaap.]

Afgelei:
• raakhoek
• raakpunt
• raaksien
• raakvlak

Vertaling:
Engels: to touch, affect, get
Nederlands: raken


Byvoeglike naamwoord: raak
Vergrotende trap: raker
Oortreffende trap: raakste
Attributief: raak
Partitief: raaks
Intensief: doodraak

Betekenis:
• Sy doel tref; nie mis nie.
• Treffend; ter sprake wees.

Gebruik:
• Die kêrel deel raak klappe uit.
• Sy maak soms die raakste opmerkings.

Antoniem:
• mis

Vertaling:
Engels: on the button
Nederlands: raak

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: geld
Volgende onderwerp: verteenwoordig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 07:47:17 MGT 2024