Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » my (mý)
my [boodskap #125927] Sa, 18 Mei 2019 06:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18937
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
my
Afbreking: my
Uitspraak: /məi/




Besitlike voornaamwoord: my

Betekenis:
• Dui iets wat deur die spreker/skrywer besit word aan; aan hom of haar behoort.

Gebruik:
• Dis my boek.
My huis moet geverf word.

Sinoniem:
• myne

Homofoon:
• Mei

Vertaling:
Duits: mein
Engels: my, mine
Frans: mon
Nederlands: mijn

Nota:
• Hierdie is die besitlike vorm van die persoonlike voornaamwoord, eerste persoon, enkelvoud.


Persoonlike voornaamwoord: my

Betekenis:
• Iets wat met die spreker of skrywer van die sin te make het.

Gebruik:
• Koos het my geslaan.

Vertaling:
Engels: me
Nederlands: mij

Nota:
• Hierdie is die voorwerpsvorm van die persoonlike voornaamwoord, eerste persoon, enkelvoud.


Wederkerende voornaamwoord: my

Betekenis:
• Wat die spreker self betref.

Gebruik:
• Ek het my beseer.
• Ek skaam my morsdood.

Sinoniem:
• myself

Vertaling:
Engels: myself
Nederlands: mij

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sewe
Volgende onderwerp: betrokke
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 19:54:57 MGT 2024