Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bo
bo [boodskap #125896] Vr, 17 Mei 2019 06:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bo
Afbreking: bo
Uitspraak: /bʊə/




Voorsetsel: bo

Betekenis:
• Hoër in 'n vertikale rigting.
• Meer as iets anders.

Gebruik:
• 'n Berg is 'n groot landvorm wat bo die beperkte omliggende gebied strek.
• Die Drakensberge se hoogste piek, Thabana Ntlenyana, is 3482 meter bo seespieël.

Antoniem:
• onder

Verwant:
• boaan
• boent
• bo-oor
• bo-op

Spreekwoord:
• Hou die blink kant bo. [Hou moed.]
• Die kop net bo die water hou. [Met moeite net genoeg verdien om aan die lewe te bly.]
• Die onderste speek kom ook bo. [Elke mens kry sy kans.]
• Dit staan soos 'n paal bo water. [Dit is beslis so; dit is heel duidelik.]
• Hy het wonder bo wonder geslaag. [Dis byna ongelooflik.]
• Kop en skouers bo die res wees. [Iemand se meerdere wees.]

Vertaling:
Engels: above, over
Frans: au-dessus
Nederlands: boven


Bywoord: bo

Betekenis:
• In 'n hoër posisie; op 'n hoër plek.

Gebruik:
• Die vlag vertoon twee ewe hoë vertikale bane in rooi bo en wit onder.

Vertaling:
Engels: on top, high, above
Nederlands: boven

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dien
Volgende onderwerp: woon
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 05:49:10 MGT 2024