Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » woon
woon [boodskap #125897] Vr, 17 Mei 2019 06:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
woon
Afbreking: woon




Werkwoord: woon
Verlede tyd: het gewoon
Teenwoordige deelwoord: woonende

Betekenis:
• Waar iemand of iets bly en leef; permanente behuising; blyplek.

Gebruik:
• 'n Nedersetting is 'n plek waar 'n groep mense woon of in die verlede gewoon het.
• 'n Krokodil is 'n reptiel wat in water woon.
• "Zoeloe" beteken "lug", maar vandag woon die amaZulu in die omgewing van die "Vallei van 'n Duisend Heuwels".

Spreekwoord:
• Praat gou, want ek woon ver. [Moenie so langdradig wees nie.]
• Wie in 'n glashuis woon, moenie met klippe gooi nie. [Moenie ander veroordeel oor foute waaraan jyself ly nie.]
• Die beste boer woon in die stad. [As iemand 'n werk nie self hoef te doen nie, weet hy dikwels as die een wat kan.]

Sinoniem:
• bly

Afgelei:
• woongebied
• woonhuis
• woonplek
• woonstel
• woonwa

Vertaling:
Engels: to live, reside, dwell
Nederlands: wonen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bo
Volgende onderwerp: opgeneem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 06:40:00 MGT 2024