Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dien
dien [boodskap #125895] Vr, 17 Mei 2019 06:06
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dien
Afbreking: dien




Werkwoord: dien
Verlede tyd: het gedien
Teenwoordige deelwoord: dienende

Betekenis:
• Om te werk vir iemand; in diens wees van.
• Lid wees van ('n raad, komitee, bestuur, ens).
• Geskik vir 'n bepaalde toepassing.
• 'n Afslaan in balsport (soos tennis of pluimbal).

Gebruik:
• Hy dien as 'n konstabel in die polisiemag.
• Sy dien op die mediese raad.
• Dit dien geen doel nie.
• Jy maak elke keer 'n voetfout as jy dien.

Spreekwoord:
• Niemand kan twee here dien nie. [Nie aan twee dinge tegelyk aandag wy of twee partye aanhang nie.]

Verwant:
• dienaar

Vertaling:
Engels: to serve, wait on, attend to
Nederlands: dienen, serveren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: suidelike
Volgende onderwerp: bo
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 04:23:05 MGT 2024