Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wil
wil [boodskap #125886] Do, 16 Mei 2019 19:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
wil
Afbreking: wil
Uitspraak: /vəl/




Werkwoord: wil
Verlede tyd: wou
Verlede deelwoord: gewil

Betekenis:
• Die wens, strewe, lus, verlange of begeerte om iets te doen.
• Iemand vra om iets te doen.
• Dui op iets wat besig is om te gebeur of amper gebeur.

Gebruik:
• Ek wil loop.
Wil jy nie vir ons tee maak nie?
• Dit wil nie ophou reën nie.

Spreekwoord:
• Dit wil gedoen wees. [Dis iets besonders.]
• Wie wil maai, moet saai. [As 'n mens iets wil verdien, moet jy eers werk.]
• Wie nie wil hoor nie, moet voel. [As iemand ongehoorsaam is, moet hy gestraf word.]
• Niemand so blind as wie nie wil sien nie. [Iemand wat nie oortuig kan word nie, al weet hy hy is verkeerd.]

Vertaling:
Engels: want, intend, desire
Nederlands: willen


Selfstandige naamwoord: wil
Meervoud:

Betekenis:
• Die wens, strewe, lus, verlange of begeerte om iets te doen.

Gebruik:
• Sy kry altyd wat sy wil.
• Die wil is sterk by hom.

Spreekwoord:
• Teen wil en dank. [Teen jou sin.]
• Waar 'n wil is, is 'n weg. [As 'n mens net wil, kan jy baie doen.]
• Met die beste wil in die wêreld. [Hoe graag iemand ook al wou.]

Vertaling:
Engels: will, wish, desire
Nederlands: wil

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: noorde
Volgende onderwerp: kalender
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 23:46:38 MGT 2024