Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kalender
kalender [boodskap #125887] Do, 16 Mei 2019 19:28
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18916
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Ou kalender.
'n Ou kalender.
kalender
Afbreking: ka•len•der




Selfstandige naamwoord: kalender
Meervoud: kalenders
Verkleinwoord: kalendertjie
Meervoud van verkleining: kalendertjies

Betekenis:
• Tabel met die verdeling van tyd in dae, weke of jare (met vakansiedae, naweke, ens.)
• Gebeurtenisse en aktiwiteite wat chronologies vooruit beplan is.
• Jaartelling volgens 'n bepaalde kalenderstelsel (Gregoriaanse kalender, Griekse kalender, Juliaanse kalender, ens.)

Gebruik:
• Ons gaan in Mei visvang, teken dit aan op jou kalender.
• Het het al die kerk se kalender vir 2019 ontvang?
• Die Gregoriaanse kalender word regdeur die Westerse wêreld gebruik.

Sinoniem:
• almanak

Afgelei:
• kalenderdag
• kalenderjaar
• kalendermaand
• kalendermeisie
• kalenderperiode
• kalenderweek

Vertaling:
Engels: calendar, almanac
Nederlands: kalender

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wil
Volgende onderwerp: aangestel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 12:12:09 MGT 2024