Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » grens
grens [boodskap #125872] Do, 16 Mei 2019 08:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18916
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Grensdraad.
'n Grensdraad.
grens
Afbreking: grens
Uitspraak: /χrɛns/




Selfstandige naamwoord: grens
Meervoud: grense
Verkleinwoord: grensie
Meervoud van verkleining: grensies

Betekenis:
• 'n Fisiese of denkbeeldige skeidingslyn; raaklyn; punt tussen twee dele waar die een eindig en die ander begin.
• (figuurlik) Uiterste mate; te ver gaan; perke oorskry.

Gebruik:
• As ons gelukkig is kan ons die grens môre bereik.
• Sy het die grens van waansinnigheid bereik.

Vertaling:
Engels: border, frontier, boundary, line; limit
Nederlands: grens


Werkwoord: grens
Verlede tyd: het gegrens
Teenwoordige deelwoord: grensende

Betekenis:
• Hard huil; tjank; ween.
• Langs mekaar lê; naby wees.

Gebruik:
• Die babatjie grens nou al die hele dag lank.
• Suid-Afrika grens aan Namibië, Botswana, Zimbabwe, Mosambiek, Swaziland en Lesotho.

Vertaling:
Engels: to cry, wail, weep, howl; to border
Nederlands: huilen, janken, grienen; grenzen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: goed
Volgende onderwerp: goeie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 06:27:38 MGT 2024