Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » goeie
goeie [boodskap #125873] Do, 16 Mei 2019 08:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
goeie
Afbreking: goeie
Uitspraak: /ˈχujə/




Byvoeglike naamwoord: goed
Vergrotende trap: beter
Oortreffende trap: beste
Attributief: goeie
Partitief: goeds

Betekenis:
• Attributiewe vorm van goed.

Gebruik:
• Aluminium is 'n goeie geleier van elektrisiteit.
• Durban is gewild weens sy goeie weer en die warm seestroom.

Spreekwoord:
• Alle goeie dinge kom langsaam. ['n Mens moet lank wag vir iets wat die moeite werd is.]
• Betyds keer is 'n goeie geweer. [Dis beter om moeilikheid te voorkom as om dit te probeer bestry.]
• Die goeie met die slegte neem. [Goed en kwaad aanvaar.]
• Dis 'n goeie leerskool. ['n Plek waar 'n mens goeie ondervinding opdoen.]
• Dit val in goeie aarde. [Die gewenste uitwerking hê.]
• Geen nuus, goeie nuus. [As 'n mens niks van 'n persoon hoor nie, kan jy seker wees dat dit goed gaan.]
• Geen tyding, goeie tyding. [As 'n mens niks van 'n persoon hoor nie, kan jy seker wees dat dit goed gaan.]
Goeie geld na slegte geld gooi. [Meer belê in 'n onderneming wat geen wins maak nie.]
Goeie geselskap maak kort myle. [Aangename maats maak 'n lang pad kort.]
Goeie wyn het nie 'n krans nodig nie. [Wat goed is, hoef nie aangeprys te word nie.]
• Hou goeie moed, die slegte kom vanself. ['n Mens moet altyd hoopvol wees.]
• Hulle is op goeie voet. [Vriendelik wees teenoor iemand.]
• Hy doen 'n goeie woord vir my. [Vir iemand pleit.]
• Hy het 'n goeie kop. [Hy is slim.]
• In iemand se goeie boeke wees. [In iemand se guns wees.]
• Liewer 'n goeie buurman as 'n verre vriend. [Iemand wat naby is, kan meer hulp verleen as die beste vriend wat ver is.]
• 'n Goeie begin is halfpad gewin. [As 'n mens fluks begin, is die werk gou klaar.]
• 'n Goeie begrip het 'n halwe woord nodig. [Aan iemand wat jou maklik verstaan, is dit nie nodig om die hele saak te verduidelik nie.]
• 'n Goeie gewete is 'n sagte kussing. [Iemand wat nie deur sy gewete gepla word nie, kan rustig slaap.]
• Spyt is 'n goeie ding, maar dit kom altyd te laat. ['n Mens het slegs berou nadat 'n saak reeds verbrou is.]
• Uit goeie hout gesny wees. [Van goeie afkoms of karakter wees.]
• Vir geen geld of goeie woorde afstaan nie. [Vir niks ter wêreld sal ruil nie.]

Sinoniem:
• aanvaarbare
• deugsame
• gawe
• geskikte
• positiewe

Antoniem:
• bose

Afgelei:
• goeiedag
• goeienaand
• goeienag
• goeiemiddag
• goeiemôre
• goeies

Vertaling:
Engels: good
Nederlands: goede

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: grens
Volgende onderwerp: opgerig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 02:03:34 MGT 2024