Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » goed
goed [boodskap #125871] Do, 16 Mei 2019 08:30
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
goed
Afbreking: goed
Uitspraak: /χut/




Byvoeglike naamwoord: goed
Vergrotende trap: beter
Oortreffende trap: beste
Attributief: goeie
Partitief: goeds
Intensief: bittergoed, doodgoed

Betekenis:
• Soos verlang kan word; met die verlangde, verwagte hoedanighede; regte eienskappe.
• Eerbaar; moreel; beskaaf; onbesmet.
• Goedhartig; jammerhartig; vriendelik.
• Sterk, gesond of mooi; in goeie kondisie.

Gebruik:
• Hy is 'n goeie boer.
• Sy is 'n goeie mens.
• Hulle is goed vir hul diere.
• Die bees lyk goed.

Spreekwoord:
• Hy is goed af. [Hy is welgesteld.]
• Iemand goed die waarheid vertel. [Iemand berispe.]
• Hy sal goed en bloed opoffer. [Hy sal alles vir die saak doen.]
Goed begin, is half gewin. [As die begin goed is, is die kans dat jy sal slaag soveel beter.]
• Alte goed is andermansgek. [As jy te goedhartig is, word jy bespot.]
• Die belofte is goed, maar die eend lê die eier. [Praat is nie belangrik nie, maar die doen van die saak.]
• Die heler is so goed soos die steler. [Wie gesteelde goed in ontvangs neem, is net so strafbaar soos die dief.]
• Einde goed, alles goed. [As alles goed afloop, vergeet 'n mens al die moeilikheid verbonde aan die saak.]
• Haastige spoed is selde goed. [Deur te groot haas mis 'n mens dikwels jou doel.]
• Hy is goed aangeklam. [Dronk.]
• Hy het die bottel goed aangespreek. [Hy is dronk.]
• Hy het die saak goed bewimpel. [Kom nie reguit met die waarheid uit nie.]
• Hy is net goed om die dood te gaan haal. [Baie stadig wees.]
• 'n Leuen in nood is so goed soos 'n stukkie brood. ['n Leuen om jouself of ander uit die moeilikheid te help, kan dalk verskoon word.]
• 'n Man van toet, was hy beter dan was hy goed. ['n Niksbeduidende persoon.]
• Spaar vir die mond is goed vir die kat en die hond. [Wat jy jouself nie gun nie, ly jy dikwels skade.]

Sinoniem:
• bevredigend
• uitstekend
• voortreflik

Antoniem:
• sleg
• swak

Afgelei:
• goedheid
• goedertierenheid
• goedhartigheid

Vertaling:
Engels: good, kind, fit, correct, proper
Nederlands: goed
Zoeloe: -hle


Selfstandige naamwoord: goed
Meervoud: goedere, goeters
Verkleinwoord:
Meervoud van verkleining: goedjies

Betekenis:
• Allerhande voorwerpe. 'n Versameling besittings, items, dinge.

Gebruik:
• Hy het al sy goed in die brand verloor.
• Die beeste lyk uitgeteer, gee jy die goed kos?

Spreekwoord:
• Gesteelde goed gedy nie. ['n Mens is nie voorspoedig met besittings wat oneerlik verkry is nie.]
• Vat jou goed en trek, Ferreira. [Loop, maak dat jy wegkom.]
• Ver van jou goed, naby jou skade. [As jy nie self jou sake behartig nie, moet jy verliese verwag.]

Afgelei:
• breekgoed
• eetgoed
• speelgoed
• wasgoed

Vertaling:
Engels: goods, things, stuff
Nederlands: goed

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sekere
Volgende onderwerp: grens
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 21:37:47 MGT 2024