Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vandag
vandag [boodskap #125755] So, 12 Mei 2019 17:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18916
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vandag
Afbreking: van•dag




Bywoord: vandag

Betekenis:
• Op hierdie dag; die dag na gister en die dag voor môre.

Gebruik:
Vandag is dit Sondag, 12 Mei 2021.

Spreekwoord:
Vandag groot, môre dood. [Die lewe is verganklik.]
• Die ark is vandag behoorlik oop. [Almal kom kuier.]
Vandag is nie gister nie. [Omstandighede het verander.]
• Skraalhans is vandag die kok. [Daar is vandag min om te eet.]
Vandag volop, môre skoon op. [Nie matigheid voor oë hou nie.]
• Sy gister en vandag se praatjies kom nie ooreen nie. [Iemand verander dikwels van mening.]
• Moenie uitstel vir môre wat jy vandag kan besôre. [Iets dadelik doen en nie tyd verspil nie.]
Vandag vermorsing, môre verknorsing. [As jy nie spaarsaam te werk gaan nie, het jy môre niks nie.]
• Het jy my gister gehuur, het jy my vandag gehad. [Omdat ek nie in jou diens is nie, kan jy my nie hiet en gebied nie.]
• Dis beter om vandag die hoender te hê as môre die eier. [Iets wat jy het, is waardevoller as iets wat jy dalk kan kry.]

Hiponiem:
• vanoggend
• vanmôre
• vanmiddag
• vanaand
• vannag

Verwant:
• vandeesweek
• vanjaar

Vertaling:
Engels: today
Nederlands: vandaag

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: doen
Volgende onderwerp: algemeen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 03:57:54 MGT 2024