Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » doen
doen [boodskap #125754] So, 12 Mei 2019 16:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
doen
Afbreking: doen




Werkwoord: doen
Verlede tyd: het gedoen
Teenwoordige deelwoord: doenende
Verlede deelwoord: gedaan

Betekenis:
• 'n Handeling uitvoer; aksie onderneem; iets veroorsaak of laat gebeur.
• Versorg; netjies maak.

Gebruik:
Doen jou huiswerk.
• Hester het haar hare laat doen.

Spreekwoord:
• Agter sy rug iets doen. [Iets doen sodat hy niks daarvan weet nie.]
• Baie myle lê tussen doen en sê. [n Belofte is nog nie 'n daad nie.]
• Daar is niks aan te doen nie. [Dis 'n verlore saak.]
• Die linkerhand weet nie wat die regterhand doen nie. [As 'n mens iets goeds doen, moet hy dit nie oral rondvertel nie.]
• Die rondte van vader Cloete doen. [By almal aangaan en nie een oorslaan nie.]
• Ek moet nog dit en dat doen. [Ek moet nog allerhande sakies verrig.]
• Hy doen ander se vuil werk. [Vir ander onsmaaklike dinge doen.]
• Hy doen dit doodluiters. [Iets kalm doen asof daar oënskynlik geen risiko aan verbonde is nie.]
• Hy doen dit in koelen bloede. [Om iets koelbloedig te doen.]
• Hy doen dit nie om dowe neute nie. [Met 'n spesiale doel iets doen.]
• Hy doen dit op genade. [Hy pak iets aan en hoop vir die beste.]
• Hy doen dit sy op elf-en-dertigste. [Hy doen dit baie stadig.]
• Hy doen dit volgens die letter van die wet. [Presies soos die wet dit letterlik neerlê.]
• Hy doen dit willens en wetens. [Opsetlik.]
• Hy doen 'n goeie woord vir my. [Vir iemand pleit.]
• Jy moet dit doen: buig of bars. [Ten alle koste iets doen.]
• Nie 'n steek doen nie. [Geen werk verrig nie.]
• Ons doen dit stadig maar seker. [Baie stadig werk, maar dit goed doen.]
• Op eie stoom iets doen. [Iets self vermag.]
• Op jou eentjie iets doen. [Heeltemal alleen.]
• Op staande voet iets doen. [Onmiddellik iets doen.]
• Sê en doen is twee. [Dis makliker om iets te belowe as om dit uit te voer.]
• Sy doen en late is soms onverstaanbaar. [Alles wat hy doen en nie doen nie.]

Afgelei:
• doener
• ontdoen

Vertaling:
Engels: to do
Nederlands: doen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: state
Volgende onderwerp: vandag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 22:01:56 MGT 2024