Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » algemeen
algemeen [boodskap #125756] So, 12 Mei 2019 17:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18916
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
algemeen
Afbreking: al•ge•meen




Byvoeglike naamwoord: algemeen
Vergrotende trap: algemener
Oortreffende trap: algemeenste
Attributief: algemene
Partitief: algemeens

Betekenis:
• Wat alles of almal raak; in alle (of meeste) gevalle geld.
• Wat min besonderhede bevat; in breë trekke.

Gebruik:
• Die siekte is algemeen onder skape.
• Hy het die vraag net so algemeen geantwoord.

Sinoniem:
• deurgaans
• universeel
• onpresies
• vaag

Antoniem:
• spesifiek
• presies

Afgelei:
• algemeen-beskaaf
• algemeenheid
• veralgemeen

Afkorting:
• alg.

Vertaling:
Engels: universal, common; general
Nederlands: algemeen


Selfstandige naamwoord: algemeen
Meervoud:

Betekenis:
• Meestal, nie in besonderhede nie (in die vaste uitdrukking: in/oor die algemeen).

Gebruik:
• Oor die algemeen gaan dit nie te sleg nie.

Vertaling:
Engels: mostly
Nederlands: algemeen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vandag
Volgende onderwerp: ter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 04:04:52 MGT 2024