Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wit
wit [boodskap #125722] Sa, 11 Mei 2019 09:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Wit blom.
'n Wit blom.
wit
Afbreking: wit
Uitspraak: /vət/




Byvoeglike naamwoord: wit
Vergrotende trap: witter
Oortreffende trap: witste
Attributief: wit (witte)
Partitief: wittes
Intensief: lakenwit, melkwit, skitterwit, spierwit

Betekenis:
• Die ligste kleur, soos die kleur van melk of sout.

Gebruik:
Wit lig bestaan uit al die kleure van die reënboog saam.

Spreekwoord:
• Dis 'n wit olifant. [Dit dien geen doel nie en is 'n oorlas.]
• Hy kla met 'n wit brood onder die arm. [Kla onnodig.]

Vergelyking:
• So wit soos sneeu.
• So wit soos 'n laken.
• So wit soos was.

Antoniem:
• swart

Vertaling:
Engels: white
Nederlands: wit

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: groter
Volgende onderwerp: vroeë
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 23:00:25 MGT 2024