Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » groter
groter [boodskap #125721] Sa, 11 Mei 2019 09:51
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18922
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
groter
Afbreking: gro•ter




Byvoeglike naamwoord: groot
Vergrotende trap: groter
Oortreffende trap: grootste
Attributief: grote
Partitief: groots

Betekenis:
• Vergrotende trap van groot.

Gebruik:
• Ons sal 'n groter huis moet koop.

Antoniem:
• kleiner

Spreekwoord:
• Sy oë is groter as sy maag. [Hy het meer ingeskep as wat hy kan opeet.]
• Hoe groter gees, hoe groter bees. ['n Mens met buitengewone talente, is dikwels ongemanierd.]
• Hoe kleiner brak, hoe groter die geraas. [Iemand wat min kan doen, praat gewoonlik die meeste.]
• Hoe kaler jonker, hoe groter pronker. [Wie die minste besit, spog gewoonlik die meeste.]
• Hoe kaler heertjie, hoe groter meneertjie. [Iemand wat nie veel beteken nie, wil dikwels grootdoenerig wees.]

Vertaling:
Engels: bigger, greater
Nederlands: groter

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: tydperk
Volgende onderwerp: wit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 14:11:10 MGT 2024