Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kort
kort [boodskap #125648] Wo, 08 Mei 2019 09:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18936
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kort
Afbreking: kort
Uitspraak: /kɔrt/




Byvoeglike naamwoord: kort
Vergrotende trap: korter
Oortreffende trap: kortste
Attributief: kort
Partitief: korts

Betekenis:
• Van geringe lengte of geringe duur.

Gebruik:
• Wie het die kort stokkie getrek?
• Dit was 'n kort fliek gewees.

Antoniem:
• lank

Spreekwoord:
• Hy het 'n kort asem. [Hy word gou moeg.]
• Sy is kort van draad. [Humeurig; Hy word gou kwaad.]
• Hy is kort van gedagte. [Iets maklik vergeet.]
• Hier te kort en daar te lank. [Daar is besware en verskonings.]
• Sy het dit kort en kragtig gesê. [Met 'n paar woorde.]
• Hy wil alles kort en klein slaan. [Hy wil alles breek.]
• 'n Leuen het maar 'n kort been. ['n Onwaarheid word gou ontdek.]

Vertaling:
Engels: short, brief
Nederlands: kort


Werkwoord: kort
Verlede tyd: het gekort

Betekenis:
• Benodig, maar nie het nie.

Gebruik:
• Ons kort 'n paar spelers om die span vol te maak.

Spreekwoord:
• So 'n bek kort jêm! [Dis die moeite werd om te hoor wat gesê word.]

Vertaling:
Engels: to need, lack
Nederlands: kort

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: Julie
Volgende onderwerp: vis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 16:03:27 MGT 2024