Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vis
vis [boodskap #125649] Wo, 08 Mei 2019 09:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18909
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Visse
Visse
vis
Afbreking: vis
Uitspraak: /fəs/




Selfstandige naamwoord: vis
Meervoud: visse
Verkleinwoord: vissie
Meervoud van verkleining: vissies

Betekenis:
• 'n Gewerwelde dier met skubbe en kiewe wat in die water leef.
• Die vleis van so 'n waterliewende dier.

Gebruik:
• As gevolg van oorvloedige vangste, word die vis al skaarser.
Vis word as breinkos beskou. Varser vis kry jy net in 'n walvis se maag.

Spreekwoord:
• Agter die net vis. [Iets probeer doen as dit te laat is.]
• Soos 'n vis op droë grond. [Magteloos, ontuis of verlore wees.]
• Dis nóg vis nóg vlees. [Dit is nie een van die twee nie.]
• Hy vang op droë grond vis. [Hy soek verniet by iemand inligting; tevergeefs probeer uitvis.]
• In troebel water vis. [In verwarde omstandighede eie voordeel probeer soek.]

Hiponiem:
• goudvis
• jellievis
• inkvis
• katvis
• swaardvis
• walvis

Afgelei:
• visbank
• visbek
• visgraat
• vishoek
• viskunde
• viskos
• vislyn
• visnet
• vistenk
• visstok
• visvang

Verwant:
• igtioloog
• igtiologie

Vertaling:
Engels: fish
Nederlands: vis

Nota:
• Versamelnaam: 'n skool visse.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kort
Volgende onderwerp: verder
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 10:52:26 MGT 2024