Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » groot
groot [boodskap #125352] Vr, 19 April 2019 14:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18989
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
groot
Afbreking: groot
Uitspraak: /χruə̯t/




Byvoeglike naamwoord: groot
Vergrotende trap: groter
Oortreffende trap: grootste
Attributief: grote
Partitief: groots
Intensief: lewensgroot

Betekenis:
• Van meer as normale afmetings.
• Klaar volwasse; volgroeid.
• Beroemd of vernaam; belangrik; gewigtig.

Gebruik:
• Die pampoen is baie groot.
• As ek groot is, wil ek 'n brandweerman word.
• Afrikaans is groot!

Spreekwoord:
• Hy het 'n groot bek. [Hy is 'n grootprater.]
• Hy is te groot vir sy skoene. [Te voorbarig.]
• Hy hang dit aan die groot klok. [Oral rondvertel.]
• Vandag groot, môre dood. [Die lewe is verganklik.]
• Hy is 'n groot kokkedoor. ['n Belangrike persoon.]
Groot lantern, weinig lig. [Iemand met min verstand.]
• Hy het soos 'n groot speld verdwyn. [Ongemerk weggeraak.]
• Hy eet oues dood en kleintjies groot. [Hy is vraatsugtig.]
• Hy word vir die strop groot. [Sonder dissipline en maniere grootword.]
• Klein muisies het groot ore. ['n Mens moet versigtig wees wat jy voor kinders sê.]
• Liewer klein heer as groot kneg. [Liewer op klein skaal baas as ryk en 'n ondergeskikte.]
• Tussen lip en beker lê groot onseker. [Op die laaste oomblik kan sake nog 'n wending neem.]
• As die groot krap skeef loop, hoe kan die kleintjie reguit loop? [Die voorbeeld van die ouer het 'n groot invloed op die kind.]
• Daar groei niks in die skaduwee van 'n groot boom nie. [Iemand wat naby aan 'n groot persoonlikheid beweeg, kry nie kans om self te ontwikkel nie.]
• Dit is die klein botteltjies wat die groot gif het. [Mense wat klein van persoon is, het dikwels meer dryfkrag as groot mense.]
• Klein baas is beter as groot kneg. [Dis beter om selfstandig te wees, al is dit op klein skaal, as om 'n dienaar van ander te wees]
• Klein van persoon, maar groot van patroon. [Iemand se verstand en bekwaamheid word nie na sy liggaamlike grootte beoordeel nie.]
• Saans groot, smôrens dood. [Gesê vir iemand wat laat gaan slaap het en die volgende oggend nie kan opkom nie.]
• Te groot vir 'n servet en te klein vir 'n tafeldoek. [Nog nie volwasse nie, maar darem ook nie meer 'n kind nie.]

Vergelyking:
• So groot soos 'n olifant.

Sinoniem:
• enorm
• formidabel
• kolossaal
• massief
• yslik

Antoniem:
• klein

Afgelei:
• grootkop
• grootmaat
• grootpraat

Vertaling:
Engels: big, large, vast; grown-up; important, great
Nederlands: groot

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: haar
Volgende onderwerp: meer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 06:05:21 MGT 2024