Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » haar
haar [boodskap #125351] Vr, 19 April 2019 14:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18989
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Haar: 1 = Haarskag; 2 = Opperhuid (epidermis); 3 = Smeermiddel (talk); 4 = Haarsakkie; 5 = Smeerklier (talkklier).
'n Haar: 1 = Haarskag; 2 = Opperhuid (epidermis); 3 = Smeermiddel (talk); 4 = Haarsakkie; 5 = Smeerklier (talkklier).
haar
Afbreking: haar
Uitspraak: /ɦɑːr/




Persoonlike voornaamwoord: haar

Betekenis:
• Verwys na 'n vrou wat reeds genoem is.

Gebruik:
• Kan jy haar more by die skool aflaai?

Antoniem:
• hom

Vertaling:
Engels: her
Nederlands: haar


Besitlike voornaamwoord: haar

Betekenis:
• Verwys na iets wat aan 'n vroulike persoon wat reeds genoem is behoort.

Gebruik:
• Marie dra haar hare los.

Antoniem:
• sy

Vertaling:
Engels: her
Nederlands: haar


Selfstandige naamwoord: haar
Meervoud: hare
Verkleinwoord: haartjie
Meervoud van verkleining: haartjies

Betekenis:
• Fyn, draadvormige, buigsame uitgroeisel op die kop en liggaam van mense en diere.
• Draadvormige uitgroeisel op 'n sel of 'n plantdeel.

Gebruik:
• Daar het 'n haar in my kos geval.

Hiponiem:
• beenhaar
• borshaar
• ooghaar
• takhaar
• trilhaar

Afgelei:
• haaragtig
• haardos
• haarborsel
• haarbos
• haardikte
• haardos
• haardroër
• haarkapper
• haarkleed
• haarkleur
• haarnaald
• haarstyl

Vertaling:
Engels: hair
Nederlands: haar

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: onder
Volgende onderwerp: groot
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 03:54:41 MGT 2024