Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Antibiotika (Antibiotikum)
Antibiotika [boodskap #125216] Wo, 27 Maart 2019 19:31
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Alexander Fleming
Alexander Fleming
Antibiotika is middels wat van swamme en kieme verkry of sinteties berei word. Antibiotika kan sekere kieme en organismes dood of hul vermeerdering en groei strem in siektes van mens, dier en plant. Dit behoort slegs gebruik te word waar dit werklik nodig is, aangesien toksiese reaksies of gevoeligmaking kan volg op herhaalde gebruik, en kieme bestand kan raak, vernaamlik as klein dosisse antibiotika gebruik word.

Penisilline, die eerste antibiotiese middel, is deur sir Alexander Fleming in 1929 ondersoek. Hy het ontdek dat stof, afkomstig van 'n swam, kieme vernietig wat op dieselfde voedingsbodem gekweek is. Die stof was penisilline. Navorsing deur Florey en Chain vanaf 1938 het dit moontlik gemaak dat ’n vyftiental proefpasiënte in 1943 met penisilline behandel is. Later is dit slegs vir oorlogsongevalle gebruik. Met grootskaalse vervaardiging is penisilline nou volop en goedkoper en word dit algemeen teen sekere kieme gebruik.

Talle ander antibiotika is nou bekend en navorsing lewer steeds nuwes. Streptomisine is minder kragtig en meer toksies as penisilline, maar in teenstelling daarmee redelik doeltreffend teen tering.

Breë-spektrum-antibiotika soos bv. chloromisetine, terramisine, aureomisine, erythrosine, neomisine, bacitrasine ens. is antibiotika wat doeltreffend is teen baie kieme, sekere virusse en rickettsia. Maagkoors, disenterie, bosluiskoors, sekere vorms van harsingvliesontsteking en geslagsiektes ens. word met welslae hiermee behandel.

Die groot verskeidenheid antibiotika stel geneeshere in staat om 'n ander te kies as 'n pasiënt gevoelig en 'n kiem ongevoelig is vir een middel.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Anstruther, Philip
Volgende onderwerp: Anticosti
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 19:10:22 MGT 2024