Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Anstruther, Philip
Anstruther, Philip [boodskap #125210] Wo, 27 Maart 2019 06:19
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Philip Anstruther was 'n Britse kolonel in bevel van troepe in Lydenburg voor die Eerste Vryheidsoorlog. Hy raak gedurende 'n opmars na Pretoria in Desember 1880 slaags met Boere onder Frans Joubert by Bronkhorstspruit. Nadat hy 'n versoek om om te draai verontagsaam, is hy verpletterend verslaan, swaar gewond en sterf hy 6 dae later. In die geveg van 10 minute is 56 Britse soldate dood en 91 gewond. Van die gewondes het 21 met inbegrip van Anstruther later gesterf. Van die Boeremagte is 2 man dood en 5 gewond. Dit was die eerste geveg wat tydens die Eerste Vryheidsoorlog plaasgevind het en staan ook as die Slag van Bronkhorstspruit bekend.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Anslo, Reyer
Volgende onderwerp: Antibiotika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 23:48:23 MGT 2024