"Twee Stede" deur D.J. OPPERMAN [boodskap #10084] |
Vr, 25 Julie 1997 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2174 Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
TWEE STEDE
D.J. Opperman
Onmagtig moes ek met gespanne drade
uitgryp oor die skeiding tussen my en jou,
gryp met die swart draf van pale
teen die heuwels uit,
die wit vlug
van briewe deur die lug
en treine wat deur tonnels fluit.
Uiteindelik is ons nouer aan mekaar verbonde,
maar tussen my en jou ruis altyd nog
riviere, stiltes en afgronde.
(gepos deur gloudina bouwer)
|
|
|